top of page

AKADEMIE

GRONDSLAGFASE

Graad 1, Graad 2 en Graad 3 leerders het die volgende vakgebiede. Dit sal goed wees indien u, uself vereenselwig met die volgende vakke asook die afkortings wat soms gebruik word. Dit is ook hoe die vakke op die rapport sal verskyn.

  • Daar word een (1) formele assesseringstaak per kwartaal per vakgebied gedoen.

  • Hierdie assesseringstaak word deurlopend geassesseer en saamgestel deur elke komponent.

  • Daar is kwartaalliks verskeie temas in elke graad wat geïntegreer word in al die vakgebiede om die leerders se algemene kennis rondom die tema te verbreed.

  • Dit sal waardeer word as ouers hierdie temas veral in verband met woordeskat sal bespreek.

  • Hou asseblief ons sosiale media dop waarin ons daarin sal poog om die temas vir die kwartaal aan u bekend te stel.

Vakke

Huistaal (Afrikaans)

Slaag vereistes

50%

Slaag vereistes

Luister en praat

Klanke

Lees en Begrip

Skryf

Handskrif

Eerste addisionele taal

(Engels)

40%

Listening and speaking

Reading (Phonics & Comprehension)

Writing

Language use

Wiskunde

40%

Getalle, Bewerkings en Verwantskappe

Patrone, Funksie en Algebra

Ruimte en Vorm

Meting

Datahantering

Lewensvaardigheid

40%

Aanvangskennis & Persoonlike en Sosiale welstandSkeppende kuns: Visuele Kunste en Uitvoerende Kunste (Musiek, drama en dans)

Liggaamlike opvoeding

Graad 4 tot 6

Ons skool volg die CAPS-kurrikulum, wat verseker dat leerders in Graad 4 tot 6 ‘n gebalanseerde onderrig ontvang oor verskeie vakke. Die kernvakke sluit in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde), Lewensvaardighede en Skeppende kuns. Leerders word beoordeel deur ‘n kombinasie van skriftelike werk, take, toetse en projekte. Ons moedig ouers aan om deel te wees van hul kind se leerproses en enige vrae of ondersteuning met die onderwysers te bespreek.

Dankie vir u ondersteuning!

Vakke

Huistaal (Afrikaans)​
Eerste addisionele taal (Engels)
Wiskunde
Lewensvaardigheid
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskap
(Aardrykskunde en Geskiedenis)

Slaag vereistes

50%
40%
40%
40%
40%
40%

Graad 7

In Graad 7, die eerste jaar van die Seniorfase, volg leerders die CAPS-kurrikulum wat hulle voorberei op die hoërskool. Kernvakke sluit in Engels, Afrikaans, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Geografie), Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), Lewensoriëntering, en Skeppende kuns. Assessering sluit in toetse, eksamens, projekte en take wat kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede bevorder. Hierdie jaar lê die grondslag vir meer gevorderde leer en ondersteun leerders om onafhanklike studiemetodes te ontwikkel. Ons waardeer ouers se betrokkenheid in hierdie belangrike fase van hul kind se akademiese reis.

Vakke

  1. Huistaal (Afrikaans)​
  2. Eerste addisionele taal (Engels)
  3. Wiskunde
  4. Lewensoriëntering
  5. Natuurwetenskappe
  6. Sosiale Wetenskap (Aardrykskunde en Geskiedenis)
  7. Tegnologie
  8. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  9. Skeppende kuns

Slaag vereistes

50%
40%
40%
40%
40%
40%
40%
40%
 
40%

 © 2025 

  • Facebook App Icon
bottom of page